Beroep op privaatsektor vir ontwikkelingshulp in ErongoMarch 5, 2025

Die Langer Heinrich uraanmyn buite Swakopmund het aangekondig dat hy ‘n voertuig, 20 fietse en rekenaartoerusting ter waarde van 400 000 Namibiese dollar aan die Tutaleni-polisiekantoor in Walvisbaai gaan skenk. NamPol inspekteur-generaal Joseph Shikongo het ‘n beroep op die privaatsektor gedoen om die gebaar na te boots. Hy het daarop gewys dat verskeie positiewe ontwikkelings in die Erongo-streek aan die gang is.