Informele ekonomie ‘tans moeilik om te formaliseer’March 5, 2025

Die parlementêre staande komitee oor die ekonomie en openbare bestuur het ’n verslag aan die parlement voorgelê oor maatskaplike beskerming vir Namibiërs in die informele ekonomie. Dit volg op ’n mosie deur parlementslid Agnes Kafula waarin sy vra dat die internasionale arbeidsorganisasie, R204, se voorstel dat die informele ekonomie formeel gemaak word, geïmplementeer word. Kafula het die parlement gevra om die omstandighede van onder meer straatsmouse, huiswerkers, houtwerkers en veewagters te ondersoek. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die arbeidskenner Herbert Jauch, wat die uitdagings uitwys.