MVA rig waarskuwings oor bestuur in swaar reënMarch 5, 2025

Motoriste word aangespoor om versigtig te ry te midde van waarskuwings oor swaar reën. Die Motorvoertuig-ongelukkefonds waarsku oor nat, gladde paaie en sê vloeiende riviere moenie oorgesteek word nie, aangesien selfs vlak water gevaarlik kan wees. Veiligheidswenke sluit in motoriste moet stadiger ry, veilige afstande handhaaf, hoofligte aanskakel in swak sigbaarheid en oplettend bly. In die geval van ongelukke kan die fonds tolvry op die noodnommer 9682 geskakel word. Die fonds se woordvoerder, Hilaria Graig, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.