EU vra VSA om tariewe op Meksiko, Kanada om te keer

Die EU waarsku dat Amerika se tariewe op Kanadese en Mexikaanse invoere die bestendigheid van die transatlantiese ekonomie bedreig en dit kan globale handel ontwrig. Die EU doen ‘n beroep op Washington om sy besluit om te keer. Streng Amerikaanse tariewe is ingestel nadat die spertyd om dit te verhoed, verstryk het sonder dat ‘n ooreenkoms tussen die lande bereik is. Die EU-woordvoerder, Olof Gill, sê Mexiko en Kanada is die EU se se ekonomiese vennote deur twee afsonderlike ooreenkomste. Die EU het vroeër aangekondig hy gaan handelsbetrekkinge met Mexiko versterk.