Nou teiken VSA-regering Columbia-universiteit
Die Amerikaanse regering sê hy oorweeg dit om kontrakte ter waarde van meer as 928-miljoen Namibiese dollar met die Columbia-universiteit in New York te skrap oor bewerings dat die instelling nie daarin geslaag het om Joodse studente te beskerm nie. Die gesogte Ivy League-universiteit was verlede jaar in ‘n stryd gewikkel oor bewerings van anti-Semitisme, wat ontketen is deur kampusbetogings teen Israel se oorlog in Gaza. Sommige Joodse studente en veldtog-groepe het gesê Joodse studente is geïntimideer en owerhede het nie opgetree om hulle te beskerm nie.