Mkhize teen BTW-verhoging gekant

Die parlementêre komitee oor Samewerkende Regering se voorsitter, Zweli Mkhize, sê ʼn verhoging in BTW moet slegs ʼn laaste uitweg wees. Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, se begrotingsrede is verlede maand uitgestel nadat talle kabinetsministers gekant was teen ʼn BTW-verhoging van twee persentasiepunte. Mkhize sê ʼn BTW-verhoging sal die armes die swaarste tref en munisipaliteite sal meer inkomste verloor: