Hamas sê Israel se strafmaatreëls moet gestaak word

Hamas beskuldig Israel dat hy probeer om die skietstilstandooreenkoms in duie te laat stort, en noem die besluit om humanitêre hulp te staak goedkoop afpersing en ‘n oorlogsmisdaad. Israel het humanitêre voorrade aan Gaza afgesny om Hamas te dwing om ‘n verandering in die skietstilstandooreenkoms te aanvaar, om die vrylating van gyselaars moontlik te maak sonder die onttrekking van Israelse troepe. Nege-en-vyftig gyselaars is steeds in Gaza na die oorhandiging van vier liggame verlede week. Hamas het ‘n beroep op bemiddelaars gedoen om Israel te dwing om sy strafmaatreëls te staak.