McCarthy gesels oor Keniaanse sokkerspan
Die gewese Bafana Bafana-doelskopper, Benni McCarthy, is aangestel as Kenia se nuwe hoofafrigter. Hy het Manchester United aan die einde van verlede seisoen verlaat waar hy ʼn eerstespan-afrigter was wat op doelskoppers gefokus het. Die 47-jarige McCarthy se vorige bestuurservaring was by Cape Town City en AmaZulu. Kenia bied die 2027 Afrika-nasiesbeker saam met Tanzanië en Uganda aan. McCarthy sê die Keniaanse span is ʼn slapende reus: