Vooruitsigte vir reën baie goed
Groot dele van die land het verlede week goeie reënval aangeteken, en vogtige lug begin weer oor die land inbeweeg. Dit kom na ‘n tropiese sikloon vinnig by Madagaskar gevorm en wegbeweeg het, wat beteken Namibië se weer is nie erg geraak nie. Volgens weerkenner en suideboer George van der Merwe is die vooruitsigte vir reën hierdie week baie goed.