Kabinet gee groen lig vir universele gesondheidsdekking
Die regering het die beleid vir universele gesondheidsdekking goedgekeur in ‘n poging om gelyke toegang tot gesondheidsorg vir alle Namibiërs te verseker. Luidens die jongste kabinetsbesluite behoort alle Namibiërs ten alle tye toegang tot gesondheidsorg te hê sonder dat hulle ‘n “finansiële katastrofe” in die gesig staar. Verskeie ministeries, insluitende gesondheid, werke en vervoer, is beopdrag om ‘n raamwerk te ontwikkel sodat dié beleid geïmplementeer en befonds kan word.