Britse minister vat pad
Die Britse minister van internasionale ontwikkeling, Anneliese Dodds, het aangekondig sy bedank uit die regering oor besnoeiings aan oorsese hulp om verdedigingsbesteding te vergroot. Sy sê uiteindelik sal hierdie besnoeiings voedsel en gesondheidsorg van desperate mense ontneem. Sy sê sy het gehoop daar is nog gesprekke oor hoe om vir verdediging te betaal. Starmer het Dinsdag onderneem om Britse besteding aan verdediging teen 2027 tot 2,5-persent van die ekonomie te verhoog, maar het beveel dat die oorsese ontwikkelingsbegroting van 0,5-persent van BBP tot 0,3-persent gesny word om daarvoor te betaal.