Sterk halfjaar vir Capricorn

Die Capricorn-groep het ‘n sterk finansiële vertoning gelewer vir die ses maande geëindig 31 Desember 2024, met wins na belasting wat met 28,4 persent tot 1,06 miljard Namibiese dollar gestyg het. Verdienste per aandeel het met 29,1 persent tot 196,80 sent gestyg, en die opbrengs op ekwiteit het tot 19,1 persent verbeter. Uitvoerende hoof David Nuyoma skryf dit toe aan die goeie prestasies van Bank Windhoek, Bank Gaborone, Capricorn Asset Management, Entrepo en PEO Finance. Met vooruitsigte dat Namibië se ekonomie vanjaar met 4 persent sal groei en dat Botswana se BBP sal herstel, is die groep optimisties oor volgehoue groei. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die groep se finansiële direkteur, Johan Maass, wat meer inligting gee.