Grieke herdenk gru-treinongeluk

Honderde-duisende mense het op die tweede herdenking van die land se dodelikste treinongeluk nog, in stede en dorpe regoor Griekeland saamgedrom om geregtigheid te eis en stakende werkers het vlugte lamgelê en see- en treinvervoer tot stilstand gebring. Altesaam 57 mense is dood toe ‘n passasierstrein met studente op 28 Februarie 2023 naby die Tempi-kloof in sentraal-Griekeland, met ‘n goederetrein gebots het. Twee jaar later is die veiligheidsgebreke wat tot die ongeluk aanleiding gegee het, nog nie aangespreek nie. ’n Afsonderlike geregtelike ondersoek is steeds nie afgehandel nie en niemand is skuldig bevind nie.