Bulle en Stormers pak mekaar in Pretoria
Die Bulle en die Stormers pak mekaar vandag in die Verenigde Rugbykampioenskap in Pretoria. Leolin Zas is weer gesond en speel linkervleuel vir die Stormers, terwyl Stefan Ungerer op skrumskakel begin. Die haker Joseph Dweba en stut Neethling Fouché is in die opdrafspan, en die ervare Brok Harris en Frans Malherbe is twee van ses voorspelers op die bank. Die Bulle het net een verandering aangebring aan hulle groep wat die Leeus verlede naweek op Loftus verslaan het.