Amper N$45m in mosiehof geëis
Daar was 97 aansoeke vir verstekvonnisse op die mosiehofrol waarvan 15 op die reël 108-rol was. Regters Eileen Rakow en Nate Ndauendapo het die sessies hanteer met kommersiële banke wat 56 aansoeke gebring het. Die banke eis 22 eiendomme met skuld van 28,6 miljoen Namibiese dollar terug en 34 lenings, met ‘n skuldlas van 16,2 miljoen dollar, is nou betaalbaar. In Maandag se sessie sal regter Boas Usiku 33 onverdedigde egskeidings hanteer.