Inflasie effe op in Suid-Afrika
Senior ekonoom by FNB, Koketso Mano, sê verbruikersinflasie het tot 3,2 persent in Januarie gestyg, vanaf 3-persent in Desember verlede jaar. Dit is die eerste data nadat die mandjie goedere bygewerk is. Die mark verwag inflasie sal in Februarie op 3,5 persent staan en teen die einde van die jaar bo 5 persent stabiliseer. Mano sê enige verhoging in die BTW-koers sal tot selfs hoër inflasie lei.