Soektog na vermiste MH370-vlug hervat

Die soektog na die vermiste Malaysia Airlines Vlug MH370 word hervat, meer as ‘n dekade nadat dit verdwyn het in een van die grootste raaisels in die lugvaart nog. Daar was 239 mense aan boord die Boeing 777 toe dit op 8 Maart 2014 op pad van Kuala Lumpur na Beijing verdwyn het. ’n Verslag van 495 bladsye oor die verdwyning lui die vliegtuig se kontroles is waarskynlik doelbewus gemanipuleer om van koers af te gaan. Die Maleisiese minister van Vervoer, Anthony Loke, het sedertdien gesê die soektog sal nie onbepaald duur nie.