Katy Perry deel van Blue Origin vroue-sending
Die popster Katy Perry en die CBS Mornings-aanbieder, Gayle King, gaan passasiers wees op ‘n vlug, bestaande uit slegs vroue, wat Blue Origin se New Shepherd-vuurpyl later vanjaar gaan onderneem. Lauren Sanchez, die Blue Origin-eienaar Jeff Bezos se verloofde, die voormalige NASA vuurpylwetenskaplike, Aisha Bowe die menseregteaktivis, Amanda Nguyen en die rolprentvervaardiger Kerianne Flynn, gaan ook aan boord wees. Blue Origin sê dit is die eerste ruimtevlug met slegs vroue sedert Valentina Tersehkova van Rusland se alleensending in 1963.