Otjikoto-meer loop oor
Die Otjikoto-meer naby Tsumeb loop oor. Otjikoto is die kleinste van slegs twee permanente natuurlike mere in Namibië. Dit is ‘n sinkgatmeer wat geskep is deur ‘n karstgrot wat ineenstort het. Die meer is in 1972 tot nasionale monument verklaar. Dit gons oor die oorloop van die meer en word beskryf as ‘n eens in ‘n leeftyd oomblik. Die meer se watervolume is 229 500 kubieke meter. Berigte oor die diepte wissel omdat dit moeilik is om bepaal maar op sy diepste is hy 142 meter. Daar is nog twee kanonne van die Schutztruppe in die meer met legendes wat dit het dat die Duitsers ‘n verseëlde kluis met 6 miljoen Duitse mark ook daar gestort het. Dit is nog nie gevind nie.