Boorgate moet teen vandag geregistreer wees
Daar heers groot kommer oor boorgatregistrasie wat teen vandag voltooi moet wees. Dit kom na die streekswerkswinkels oor die kwessie en die nuwe Waterwet gekanselleer is na die afsterwe van stigterspresident Sam Nujoma. Dit was ‘n opdrag van die kabinet. Simon Nghipandulwa, woordvoerder by die landbouministerie…
Vandag is ook ‘n geen-werksdag vir staatsamptenare en Kosmos 94.1 Nuus is bewus van boere wat Donderdag wou registreer in Windhoek maar die personeel was op straat met Nujoma se prosessie. Daar is berigte dat talle boere nie bewus is van die bepaling nie. Daar word beraam dat daar ongeveer 150 000 produksiegate landswyd is.