Onderwysministerie fokus op lees, skryf en Giga-projek
Die onderwysministerie is gefokus op die transformasie van onderwys deur inisiatiewe soos inklusiewe onderwys, versnelde infrastruktuurontwikkeling en die versterking van die TVET -kurrikulum. ‘n Sleutel-prioriteit is die uitbreiding van inligting- en kommunikasietegnologie en digitale leer. Vanjaar fokus die ministerie op die verbetering van grondvaardighede soos lees, skryf en rekenkunde. Die nasionale strategie vir geletterdheid en gesyferdheid en die Giga-projek, wat daarop gemik is om alle skole met die internet te verbind, vorm deel hiervan. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Edda Bohn, die adjunk-uitvoerende direkteur van onderwys, wat meer deel.