Burgerlugvaartowerheid verduidelik lugruim-sluiting
Die Namibië Burgerlugvaartowerheid het aangekondig dat hy die lugruim binne die Windhoek Vluginformasiestreek beperk het om veiligheid en sekuriteit te verseker tydens die rou- en begrafnisverrigtinge van stigterspresident Sam Nujoma. Die owerheid se uitvoerende direkteur, Toska Sem, sê die beperking geld vanaf vandag tot Sondag, 2 Maart. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die owerheid se uitvoerende direkteur, Toska Sem, wat meer verduidelik.