Nujoma: Hoofstad-verrigtinge begin, UNISA bring hulde

Die stigterspresident Sam Nujoma kom rondom half-agt vanoggend op Hosea Kutako Internasionale Lughawe aan waarna ‘n straatprosessie in die hoofstad gehou sal word. Sy gedenkdiens vind môre plaas en Saterdag word hy ter ruste gelê by Heldeakker. Intussen het die Namibiese Hoë Kommissariaat en UNISA Nujoma as ‘n revolusionêre ikoon vereer. By ‘n gesamentlike gedenkdiens in Pretoria, het die visekanselier van UNISA Puleng LenkaBula gesê Nujoma was ‘n sleutelfiguur met Namibië se onafhanklikheid, Suid-Afrika se bevryding van apartheid en Afrika-eenheid: