Charli XCX is liedjieskrywer van die jaar

Die popster Charli XCX is as liedjieskrywer van die jaar aangewys en sal Saterdag dié ereprys by die Brit Awards in die O2-Arena in Londen ontvang. Die toekenning is voorheen deur Britse kunstenaars Ed Sheeran, Kid Harpoon en verlede jaar deur Raye ingepalm. Die 32-jarige kom ook in aanmerking vir vyf toekennings, insluitend album van die jaar, vir haar sewende album Brat en die Britse kunstenaar van die jaar. Charlie het vroeër die maand drie Grammy-toekennings ontvang, insluitend vir die beste dans-album.