Soedanese militêre vliegtuig stort in woongebied neerFebruary 26, 2025

Minstens 46 mense is dood toe ‘n Soedanese militêre vragvliegtuig in ‘n woonbuurt buite Kartoem neergestort het. Die Antonov-vliegtuig het naby die Lugmagbasis Wadi Seidna geval. Dit is een van die grootste militêre sentrums in Omdurman, noordwes van die hoofstad. Die Weermag, wat sedert April 2023 in ‘n oorlog met die paramilitêre Rapid Support Forces gewikkel is, sê die vliegtuig het met opstyging neergestort en militêre personeel sowel as burgerlikes is dood.