Vloei by Ruacana vertoon goed
Na goeie neerslae in die opvangsgebied in die suidelike dele van Angola, vloei die Kunenerivier by Ruacana tans op amper 338 kubieke meter per sekonde, effe hoër as verlede jaar. Die hidrologiese diens sê verder in sy jongste verslag die Zambezirivier by Katima vloei op 1,42 meter, teenoor 1,68 meter verlede jaar. By Rundu is die Okavangorivier baie hoog op 6,64 meter teenoor 5,81 meter. In die benede Oranje is Blouputs op 0,47 meter en Sendelingsdrif op amper niks – 0,04 meter. Die iishanas in die Cuvelai-opvangsgebied is tussen 0,2 en 0,7 meter gemeet.