Shangula loof voorstelinie-werkers, publiek

Die gemiddelde aantal nuwe Covid-19- infeksies wat daagliks in Namibië aangemeld word, daal volgens die gesondheidsministerie die afgelope drie weke. Daar is op die oomblik gemiddeld 191 nuwe infeksies elke dag. Dit is sowat 11 persent van die hoogste daaglikse gemiddelde wat op 29 Junie gerapporteer is. Die minister, dr. Kalumbi Shangula het veral gesondheid en maatskaplike dienste- werkers bedank in die voorste linie en die publiek omdat hulle ‘n groot bydrae lewer vir die afname van Covid-19-gevalle.

Die minister het verder gesê dat die land nog nie buite gevaar is nie. Daarom moet die publiek steeds aanhou doen wat goed is vir elke burger.