Namibië se binnenshuise hokkie-spanne klim wêreldranglys
Beide Namibië se mans- en vrouespanne is nou onder die top tien op die binnenshuise hokkie-wêreldranglys. Die vroue het sesde geëindig en die mans agtste by die onlangse Binnenshuise Hokkie Wêreldkampioenskap, en albei spanne is nou agtste in die wêreld. Die vrouespan was voor die toernooi 12de in die wêreld, maar het ‘n paar sterk spanne gewen op pad na hul uiteindelike sesde plek. Hulle is ook nou Afrika se top-vrouespan en het Suid-Afrika, wat negende op die wêreldranglys is, verbygesteek. Namibië se mans was voor die toernooi in die 14de plek op die ranglys.