Firmas moet dringend kuberveiligheid opskerp

Die kuberveiligheid van maatskappye wêreldwyd word bedreig. Die jongste aanval in Namibië was gerig op die private telekommunikasiemaatskappy Paratus. Die maatskappy het ‘n data-oortreding aangemeld waarin kuberkrakers altesaam 84 gigabytes data afgelaai het. Die Kommunikasie Regulerende Owerheid, Cran, beskou dit in so ‘n ernstige lig dat hulle ook die voorval gaan ondersoek. Thank-You Hauwanga, kuberveiligheidspesialis by Cran, sê een van die grootste risiko’s is organisasies se gebruik van derdeparty-ekosisteme.