Nekbesering dwing Steven Kitshoff om uit te tree
Rugby: Die stut van die Springbokke en die Stormers, Steven Kitshoff, moes noodgedwonge sy uittrede aankondig weens ‘n ernstige nekbesering. Dokters het hom ingelig dis uiters gevaarlik om voort te gaan. Die 33-jarige het 83 toetse vir Suid-Afrika gespeel, twee keer die Wêreldbeker gewen asook ʼn reeks teen die Britse en Ierse Leeus en ʼn Rugbykampioenskap. Hy het ook 138 wedstryde vir die Stormers gespeel. Kitshoff sê die sport was sy lewe vanaf sy kinderdae en hy was gelukkig om die droom van baie jong seuns uit te leef.