Bende-verkragtings: Seuns en mans se geestesgesondheid is belangrik
Twee vroue het oor die naweek bende-verkragtings aangemeld. Een was in Rundu, waar ‘n 24-jarige vrou na bewering deur ses verdagtes met ‘n mes gedreig en agter die ou inkopiesentrum verkrag is. Die ander geval was in Mariental. Die slagoffer het by ‘n vriend se huis oorgeslaap en het na bewering wakker geword toe drie verdagtes haar aangeval het. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie ontvang van die aktivis Ethne Mudge, wat sê daar word nie na seuns en mans se geestesgesondheid gekyk nie.