Voëlgriep: SA-vereniging vra dringende inenting
Die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging waarsku Suid-Afrika verkeer in gevaar vir die verspreiding van voëlgriep nadat die pluimveebedryf in Europa, Amerika en Argentinië reeds swaar deurgeloop het. Die vereniging vra dringende inenting om verdere verliese te voorkom ná die uitwerking op die pluimveebedryf in 2023. Die vereniging vra die Departement van Landbou om sy streng maatreëls te verminder omdat boere sukkel om goedkeuring vir inentings te bekom. Bedryfsleiers waarsku indien daar nie opgetree word nie, kan daar ernstige gevolge op voedselsekerheid en pryse wees.