Nujoma gesels oor gewapende stryd in 1966
‘n Onderhoud, blykbaar in 1966, met ‘n jong Sam Nujoma het deur Getty Images sy verskyning op sosiale media gemaak.
Indien wel in 1966, kan dit as bestiering beskou word omdat die grensoorlog op 26 Augustus begin het met die Suid-Afrikaanse weermag wat die kamp van PLAN-soldate by Omugulugwombashe naby Tsandi in die Omusati-streek, aangeval en vernietig het. Nujoma se gedenkdiens is vandag op Walvisbaai.