Man U sal nog 200 poste sny, geld is min

Manchester United sê nog sowat 200 poste kan oortollig gemaak word in ‘n poging om die klub se finansiële volhoubaarheid te verbeter en operasionele doeltreffendheid op te skerp. Verlede jaar is 250 poste geskrap. United se inkomste van Oktober tot Desember was 4,6 miljard Namibiese dollar, vergeleke met 5,3 miljard die vorige jaar. Die transformasieplan sluit ook die einde in van gratis personeel-etes by Old Trafford. Die uitvoerende hoof Omar Berrada sê die plan wil die klub laat terugkeer na winsgewendheid na vyf agtereenvolgende jare van verliese sedert 2019.