Verwag verkeersopeenhopings, vertragings môre in hoofstad

Die Namibiese Polisie waarsku Windhoek-gebaseerde motoriste dat daar môre-oggend vanaf 7-uur ‘n volskaalse kleedrepetisie sal wees van die straat-prossessie vir stigterspresident Sam Nujoma se kis. Die repetisie sal presies geskied soos dit Donderdagoggend uitgevoer gaan word vanaf die Hosea Kutako Internasionale Lughawe na Windhoek en langs alle roetes voordat die kis na die parlement geneem word. Vertragings en verkeersopeenhopings kan môre en Donderdag verwag word en NamPol doen ‘n beroep op die publiek se geduld en samewerking.