Tiener Andreeva klim tot negende op wêreldranglys

Tennis: Die Russiese tiener, Mirra Andreeva, het met vyf plekke opgeskuif tot negende op die wêreldranglys nadat sy die naweek die Dubaise Kampioenskap ingepalm het. Die Italianer Jasmin Paolini het met twee plekke teruggesak na sesde. Aryna Sabalenka van Belarus is steeds die wêreld-nommer-een, gevolg deur Iga Swiatek van Pole en drie Amerikaners – Coco Gauff, Jessica Pegula en die Australiese Ope-kampioen, Madison Keys. Elena Rybakina van Kazakstan is sewende, Qinwen Zheng van China agste en nog ʼn Amerikaner, Emma Navarro, voltooi die top tien.