E-handtekeninge sal oorgrenstransaksies vergemaklik
Die inligtingministerie in samewerking met die Kommunikasie Regulerende Owerheid, Cran, wil regulasies vir e-handtekeninge opskerp. Dit is om doeltreffendheid en sekuriteit in die digitale ekonomie te verbeter. Hulle sê ‘n standaardprotokol kan samewerking tussen verskeie platforms vir e-handtekeninge fasiliteer, wat oorgrenstransaksies sal vergemaklik. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Cran se woordvoerder Mufaro Nesongano, wat meer inligting gee.