Gebrek aan geskoolde werkers ‘kan maklik oorkom word’
Armoede en ongelykheid is Namibië se dringendste risiko’s vir 2025, volgens die Wêreld Ekonomiese Forum se Globale Risiko-verslag. Die ander belangrikste bekommernisse is ekonomiese uitdagings, hulpbrontekorte en ‘n gebrek aan geskoolde arbeid. Werkloosheid of ‘n gebrek aan ekonomiese geleenthede is ook hoog op die lys. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Job Muniaro, sekretaris-generaal van die Nasionale Vakbond van Namibiese Werkers, wat sy siening oor ‘n gebrek aan geskoolde werkers gee.