Rusland soek langtermyn vrede, nie vinnige skietstilstand nie

Rusland wil ‘n langtermyn vredesooreenkoms oor Oekraïne hê, een wat hy beskou wat die kernoorsake van die konflik sal aanspreek. Die Kremlin sê hy verwerp ‘n vinnige VSA-gesteunde wapenstilstand gevolg deur ‘n vinnige hervatting van konflik. Op die derde herdenking van Rusland se inval in die land, sê die Russiese adjunkminister van buitelandse sake, Sergei Ryabkov, hulle soek ‘n ooreenkoms wat die toets van tyd sal deurstaan. Volgens hom poog die Amerikaners om so vinnig as moontlik vrede te bewerkstellig wat nie sal werk nie.