VAR sal in SA ingestel word, voor Premierliga begin
Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, het herbevestig dat die video-skeidsregterstelsel teen einde April in Suid-Afrika ingestel gaan word. Hy het aan SABC Sport gesê dit sal gereed wees voor die einde van die Premierliga-seisoen. McKenzie beklemtoon die tegnologie is daarop gemik om skeidsregters se beslissings te verbeter, korrupsie uit te roei en integriteit in Suid-Afrikaanse sokker te herstel: