USAid: 2 000 afgedank regoor die wêreld
Nagenoeg 2 000 werknemers van USAid regoor die wêreld is afgedank, terwyl sowat 4 200 werkers op administratiewe verlof geplaas is. ‘n Federale regter het verlede Vrydag die weg gebaan vir die Trump-administrasie om duisende werknemers van USAid op verlof te plaas. USAid is die wêreld se grootste enkele skenker van humanitêre bystand. Die tegnologie-miljardêr Elon Musk, wat die leier is van die Departement van Regeringsdoeltreffendheid, het USAid uitgekryt as ‘n kriminele organisasie en ‘n addernes van radikaal-linkse Marxiste wat Amerika haat.