Verkragtings, babastorting deur NamPol aangemeld
Dit was weer ‘n gewelddadige naweek met die polisie wat rapporteer dat ‘n fetus is in ‘n mobiele toilet in Plutostraat in Kuisebmond op Walvisbaai gevind. ‘n Ondersoek is gelas maar daar is geen leidrade nie. Ook in die misdaadbulletin is drie verkragtings aangemeld met twee vroue wat onderskeidelik deur drie en ses mans verkrag is. ‘n Angolese seun van 14 het ook volgens die polisie ‘n nege-jarige Namibiese seun verkrag.