Beurtkrag is nou op fase vier 

Beurtkrag is tot verdere kennisgewing tot fase vier afgeskaal. Dit volg nadat al vyf eenhede by Majuba, twee by Camden en een by Medupi sedert Saterdag weer aangeskakel is. In totaal is agt van die tien opwekkingseenhede wat die naweek uitgeskakel het, weer in diens gestel. Eskom-woordvoerder, Daphne Mokwena, sê die aanvul van noodreserwes vorder ook goed: