Trans-Kalahari-spoorlyn onder loep

Werke- en vervoerminister John Mutorwa het Vrydag ‘n gesamentlike vergadering van die ministeriële komitee gelei om die vordering van die 10 miljard Amerikaanse dollar Trans-Kalahari-spoorlynprojek te hersien. Die vergadering is ook bygewoon deur Botswana se vervoer- en infrastruktuurminister, Noah Salakae, en die projek se tegniese span. TransNamib se uitvoerende hoof, Desmond van Jaarsveld, het by ‘n persinligtingsessie gepraat.