Musk kry staatsamptenare voor stok

Elon Musk het Saterdagaand federale staatsdienswerkers per e-pos ingelig om teen môre volledig verslag te doen oor wat hulle alles verlede week vermag het. Kort daarna het Musk op X gesê versuim om aan dié opdrag te voldoen, sal as ‘n bedanking beskou word. Dit volg ná president Donald Trump gesê het Musk se departement moet meer aggressief wees in die verkleining van die staatsdiens van 2,3 miljoen mense.