Spaanse sokkerspeler appelleer teen ‘ligte vonnis’

Die Spaanse internasionale speler, Jenni Hermoso, gaan appelleer teen die ligte vonnis wat die gewese president van die land se beheerliggaam, Luis Rubiales, gekry het omdat hy haar op die mond gesoen het nadat die vrouespan in 2023 die Wêreldbeker gewen het. Hy is skuldig bevind aan seksuele aanranding en met 208 000 rand beboet. Rubiales is egter onskuldig bevind aan dwang nadat hy daarvan beskuldig is dat hy Hermoso probeer oorreed het om te sê sy het toegestem tot die soen. Hy het sy posisie verloor weens die omstredenheid.