Duisende verwag by Nujoma-roudiens in Windhoek

Meer as 5 000 mense word vanmiddag by die roudiens van wyle stigterspresident Sam Nujoma in Windhoek verwag. Roubeklaers sal van Groot Aub, Mix, Dordabis en ander informele nedersettings in die hoofstad aangery word. Die verrigtinge vind by die Sam Nujoma-stadion in die hartjie van Katutura plaas. Die regering het sewe miljoen Namibiese dollar vir roudienste in die streke beskikbaar gestel, dus 500 000 dollar per streek. Nujoma is op 8 Februarie oorlede en word op 1 Maart in die Heldeakker buite Windhoek begrawe.