Banyana Banyana oefen kliphard
Die kampioen van die Afrikabeker vir Vroue, Banyana Banyana, speel twee vriendskaplike wedstryde teen Lesotho in Johannesburg. Die wedstryde is vir vandag en Dinsdag gereël en is deel van ‘n oefenkamp van nege dae voor WAFCON 2025. Afrigter Desiree Ellis wil die wedstryde wen as deel van die finale voorbereiding vir die toernooi in Marokko van 5 tot 26 Julie.