Groot veranderings aan Bulle-span

Die Bulle se direkteur van rugby, Jake White, het sy span behoorlik geskommel vir vanmiddag se Jukskei-derbie teen die Leeus in die Verenigde Rugbykampioenskap. Daar is sewe veranderings aan die span wat onlangs teen die Haaie verloor het. Een van die ongelukkiges is Sergeal Petersen, wat op regtervleuel deur Sebastian de Klerk vervang word, terwyl die Springbok Canan Moodie links skuif. Die Bok Willie le Roux, wat gewoonlik heelagter speel, behou die nommer tien-trui. Afskop op Loftus Versfeld is vanmiddag 14:00.