Proteas reken af met Afghanistan

Suid-Afrika het ses agtereenvolgende eendag-wedstryde verloor voordat hulle Vrydag daarin geslaag het om Afghanistan met 107 lopies af te ransel in hulle Kampioenebekerkragmeting in Karachi. Die Proteas het die loot gewen en eerste gekolf, met Ryan Rickleton wat gesorg het vir ‘n hondertal en vyftigtalle deur Temba Bavuma, Aiden Markram en Rassie van der Dussen. Hulle het 315 vir ses aangeteken voordat hulle ontslae geraak het van Afghanistan vir 208 in 43 beurte en twee balle. Rahmat Shah het 90 geslaan vir Afghanistan, terwyl Kagiso Rabada drie paaltjies omgeklits het.